Agter geslote deure
Agter geslote deure
van hul volmaakde bestaan
dreun die harde woorde
wat deur haar menswees slaan
Haar selfbeeld is stukkend
haar menswees, net ń hopie as
haar oë net ń herinniring
van die sonskyn wie sy was
Hy slaan nie met die vuis nie
maar moker met die tong
sy woning níé haar huis nie
net ń lêplek vir sy hond.
Vlymskerp sweepslae uit sy mond
klap soos bokhael teen haar vas
terwyl sy ja-en-amen
swaai hy die septer rond!
Hier voor ons almal
is hy die perfekte man
dra haar op sy hande
trek duur en stylvol aan.
Later vanaand agter grendels
van hul volmaakde bestaan
weergalm harde woorde
deur walms van drank
wat deur haar menswees slaan.
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April se ope afdeling projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
So hartseer!!!