Seënbede
Ek skryf vir jou ‘n aronskelk
langs jou voetpad daar by Velddrif vas
en pas ‘n reënwolk bo die leegte
van jou dam.
Ek wei beeste teen die rantjies
van jou heuwels
en tussen lentegras en bossies
dig ek vir jou
‘n wolwit lam.
© Carma Shaw
29 April 2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
.....en daar is byna niks wat jy nie tot wording kan dig nie!! Pragtig!