Jongste aktiwiteit:

Dagreis van die son

Swaar lig die son sy kop…
en strek sy arms behaaglik uit oor die vallei,
klim dan soos ‘n ou man uit sy bed
en groet die dag met die lig van sy pet.

Stadig begin hy met sy dag se ritueel,
streel oor sy ou baard van bossie en klitsgras
en gaap oop mond voor die dam se spieël,
vat dan sy kierie wat rank aan die wilde prieel.

Treetjie vir treetjie verken hy die veld,
loer agter ‘n klip en verpes ‘n gogga
wat nou nog wou slaap na ‘n nag se mislukte vonds
en boonop gesteur word met al die sonbesies se gegons.

Na sy lang tog van die dag
maak hy al sy sontrale bymekaar
en lê hulle neer agter die berg se blad,
vertel die diere van die malle gezoem van die stad,
haal dan sy pet af en groet die nag.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed