Jongste aktiwiteit:

3de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Julie 2017 tot 10 Oktober 2017)

 

 

Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Hierdie kompetisie het die grootste pryse wat ons nog ooit op INK aangebied het! Die wenners sal op die gala-aand 4 November 2017 (hAp huis in Pretoria) aangekondig word en ook hulle pryse van die borge ontvang

Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.

Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.

Lede wat inskryf het moet asseblief daarop let dat die skryfkompetisie niks met die trofeewenners van die jaar te doen het nie. In die kompetisies wat op INK geloods word besluit die borge (op julle finale en volledige produk) wie die wenners is.

Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys vir die digters en een vir die skrywers EN  dan ook ‘n kontantprys vir die 3de plek in elke afdeling (dig en skryf) van R1 500.

1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2017 geloods word.

2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.

Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd

a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).

b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)

c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:

i. Registrasie van ISBN.

ii. 50 gedrukte boeke elk.

iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.

Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen  deur Groep 7 en hulle betaal net vir die drukkostes.

Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.

2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer

1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – LAAT JOU KARAKTERS LEEF.

2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – SKRYF JOU GEDIG.

Albei kursusse word deur SA Vryskutskrywer geborg.

Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.

Derde prys borg (gedigte & verhale) ’n kontantprys van R1 500 deur die INK moderator geborg vir die verhale en gedigte afdeling

Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!

Anzé




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed