Een middernag in Durbanville
bo Durbanville se strate
het die middernagse maan
in silwergeel geglinster
op haar eensaam wentelbaan
en ‘n dikkop met haar kuikens
het vanuit die niet verskyn
benee ‘n donker hemel –
die volmaan was aan’t kwyn
haar vlerke het sy wyd gesprei
om haar kinders te verskans
teen die skerp straal van ‘n koplig
wyl hul (onrustig) om haar dans
die maan het in die lug gehang
oor ‘n teerpad so verlate stil
en ‘n dikkop was veward en bang
om middernag, in Durbanville
© Carma Shaw
15 September 2014
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.