Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet
in die holronde hut van my hart
fyn takkies toi-toi om my tong
gebladert dans jou groen spore
deur die binneruim van my denke
my geestesvrugte deur jou aangekweek.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.