Lente liefde
Ek sal net hier wag
wag saam met jou
omdat ek net wil kyk
en aan jou wil raak
want ek is lief vir jou
Ek wil vir jou
die reӫnboog in my hart gee
vir jou wys wat ek alles
vir jou kan bied
ek wil my arms om jou vou
Ek vergryp my aan die geure,
bloeisels en blomme
saggies steeds sag
val ek in jou groen oӫ se mag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek