seemeeu sug
hoe bly jy vrolik my hart
as almal om jou huil in smart
treurig suig windjie deur gange
eensaam brom kransduif vir oulaas
oortjies uil swiep neer uit sy hoë nes
uit wit geverfde huisies kom musiek
glinster liggies soos biggelende trane
oor deurskynende wit gordyne
wat alles daar binne verklap
daar is nog vreugde oor
waar kleine kinders
in afwagting klap
nie meer kan
wag op hul
geskenkies
wat reeds
aan voet
van boompie
gerangskik staan
tussen groot-mense
met selfone in ore
wat lankal reeds
verbeelding
verloor
het
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek