Ek sal jou weer vind
Waar oosterkim die see ontmoet
sal ék jou keer op keer weer vind
My weg deur wriemelwaters woed
waar oosterkim die see ontmoet
as sonop katvoet-kruip deur awendsgloed
om die nag met vars drome te vertint
waar oosterkim die see ontmoet
sal ek jou keer op keer weer vind
* Triolet
@Loretta Szikra 9 Nov 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.