Ware vriende
Ware vriende
(Opgedra aan my ware vriende)
(Lizan Smit, Jenny Du Plessis, Ina Combrink, Elaine van der Westhuizen, Adri Jacobs)
ware vriende is vir ewig
‘n geskenk van Bo
hou hul naby jou
jy is in hul harte
ware vriende is vir ewig
hulle sê nooit nee
soos aardse engele
altyd daar vir jou
ware vriende is vir ewig
niks is te groot of te klein vir hul
hulle help altyd, al is dit net om te luister
dankie Heer vir ware vriende
Retha Lochner ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Retha Dit is 'n eerlike, aardse vers wat mooi pen hoe belangrik die individue vir jou is. Ek vertrou jou vriende is trots op jou en jou vers. Skryfgroete IM