Brief aan Chronos
Wat ‘n geleentheid
toe jy geskied
om jou eie voorkoms
te kon kies en vorm
in jou eie tyd
…eie gebied
man, bul en leeu
in eenheid gesmee
onvermydelikheid
aan jou sy verkleef
deur oeroue eier
wat broei
tot see, aarde
en lug
tyd en ewigheid
is verbeeld
in grys lokke
van tyd
Gaia
om voet-end
te skoei
as lewe wegbloei
en haar groen
steeds groei
Vertel my Chronos
hoeveel tyd
se loop het reeds
deur jou hande verslyt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.