Brandende maan
Verblyk die hede se mooie
verlange het lankal sy woorde verloor
emosies wat vasbrand in my hart
sodat ek dit eendag weer kan uithaal
Die lewe is snaaks, mooi
kosbaar, onverstaanbaar
van die grootheid, die goedheid
die genade en ook die goeie uit die hede
‘n Koue oseaan onder ‘n brandende maan
wat so grootoog na my staar
het ek nou vrede oor die verlede
sy strale breek oor die digste duister nuut
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek