Daar
Daar
Daar waar die son se strale kwyn
daar waar die berge blou vertoon
daar waar die melkweg oor die veld troon
daar waar die maan stil-stil verdwyn
Daar wil ek ʼn huisie bou vir my en jou
waar ons saam kan stil wees om ʼn vuur
of saam kan kuier tot wie weet watter uur
terwyl ons die murasie van ons liefde herbou
Daar wil ek vir ons ʼn tuin aanlê
die onkruid van al ons gisters uitroei
sodat ons liefde weer welig kan bloei
en ons in die skadu daarvan kan lê
Daar word al my drome waar…
deur Stephan Uys 6/2/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.