Jongste aktiwiteit:

Drome

Drome

Die oosterkim se diep-rooi lyn
hou belofte dat die nag wegkwyn
spoedig sal die son weer skyn
en duisternis sal gou verdwyn.

Tog in die donker van die nag
‘wyl almal slaap, so knus en sag
word drome in die hart gebaar
en vars visie geopenbaar.

In die sluimer voor die nuwe dag
onthou die drome van laasnag
rigtinggewend mag hul wees
vir jou vlees, maar ook jou gees.

deur Stephan Uys 27/11/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed