Genade
Genade
Ek staar verlangend en loer na die kwaad,
en ek weet ek moet vlug voor ek oorgaan tot daad
maar hoe langer ek kyk, hoe meer word ek ryp
vir al die sondes waaraan ek my wil vergryp.
“Vlug weg, vlug weg”, hoor ek my eie gees sê
maar sterk is die begeerte na wat my vlees wil hê
die doodsbestaan waarin my vlees my los
het my al soveel liefde, vrede en seën gekos.
“Vergewe my God!” roep ek met oë nat betraan
“Kom nader kind, hoekom wil jy so ver weg bly staan?”
daar is géén veroordeling in die stem van my Vader,
deur die bloed van Christus mag ek selfs nóú tot Hom nader!
deur Stephan Uys 6/2/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.