Hardhandige Liefde
Hardhandige Liefde (4de skryfkompetisie )
As jy my siel kon lees
sou jy daarin vind;
herinneringe van lang vergete geluk
en ‘n dag toe jy trou beloof het
jy sou in my wanhoop
tog hoop gesien het
want, liefde sterf nie
dit het jy oor en oor bewys
wanneer ek my gekneusde liggaam
in amper s – k – e – r – w – e
l
e
t
p
o
nadat jy my in die naam van liefde
vel
en my siel roep
“is die smaak van liefde
altyd bittersoet?”
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.