KOEBAAI!
KOEBAAI!
draai draai hoekomsdraai
die lewe maak ‘n snaakse swaai
ons liefde omgewarrelwaai
in ‘n oogwink alles omgedraai
raai raai grootlawaai
het die haan nie klaar gekraai
sal mens die dinge om kan swaai
die onmin sommer weg kan waai
kwaai kwaai hoe klink daai
stuur my gewete in sy mallemaai
bly my aankla soos ‘n papagaai
my bedoelings heel verdraai
swaai swaai skoppelmaai
hier maak ons pad ‘n bokspringdraai
omkyk, en vir oulaas waai
sê ek en jy finaal…koebaai!
© – Barbara Smit 07/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.