Jongste aktiwiteit:

Droogtebeeld

Ek sien jou loop oor ‘n dor en barre aarde;
jou stewels is bedek met stof.
Jy wis die somerson toon geen genade –
vuur ken nooit sy perke nie,
die vlam besing sy eie lof.

Elke dag se wolkehemel
wat elke dag die reën beloof,
laat bot die hoop vir skraal sekondes
voor die winde weer verkeerd waai –
verwagting terugjaag deur die kloof.

Die sweet loop oor jou aangesig;
“dank vader, hiers nog vog.”
Jy glimlag wrang en draai om huis toe –
geestesmoeg vir blits en donder
en hul oorvloed aan bedrog.

© Carma Shaw
7 Februarie 2018




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed