liewe Reën
ek wil vir jou ‘n benatte brief skryf
en dit in my dorre grondhart vir jou stuur
deur per reëndruppel
deur per grys wolk
mag jy nooit weggaan nie
mag jy elke dag
jou genade sluise oopmaak
en nie vir altyd
jou wolkekrane toe hou nie
jy is altyd welkom
my bedroefde Suid-Afrikaanse deur
is dag en nag
wawyd oop vir jou
want hier is ‘n plekkie vir jou
waar jy kan dans, Reën
kom les my dors grondkeel
kom huppel in my vaal plantekamers
kom speel onder my moeë bome
kom vertroetel my eensame bossies
met jou koel seënwater
liewe Reën
al wat my trane kan sê:
dankie
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Soveel genade lê opgesluit in elke druppel reën. Dankie vir die pragtige gedig.