Lente heimat
Lente heimat
Sonskyngeel en oranjerooi die blommetjies in my tuin
doudruppelblou die helderheid van die lug
soveel kleurvoller as die winter, nou in volle vlug
ontwaak die natuur weer uit doodse koue puin
swemtemperature beur na die kruin
edelsteengroen blaartjies vou oop met blye sug
lente ry bloots op somer se rug
spookwitlyfies lê tussen woestynrosies teen die duin
helaas, daar is lente in my bestaan
gekenmerk met nuutheid, besluite vars
die hoofrede daarvan is die nuwe ek
niks kan my nuwe lewensblyheid laat taan
nuwe inspirasie groei uit my dooie winterkou se bars
die lente-heimat van my bestaan is gek!
©Tharina Schnetler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.