Skeermes tong
Skeermes tong
jou skeermes tong
sny diep dieper diepste
jou woorde proe bitter
reën oor my soos vuur
woorde sny, skerper as enige mes
totdat daar
n
i
k
s
oorbly van my
om jou te verlaat
was die beste ding ooit
tyd en terapie genees sielswonde
totdat daar vae letsels oorbly
ek het myself
b
e
v
r
y
van skarlaken woorde
laat jou skeermes tong
iemand anders afbreek
ek is vry!
genees gesond
van jare se afbeeekwoorde
ek proe vreugde en geluk
ek kan weer myself wees
Retha Lochner ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.