Jongste aktiwiteit:

Aalmoeslewe

’n lewe onthou en vergeet

verpletterd teen ’n grys horison
-in verwese plathakskoene
en geskifte, gelapte oorrokkie-
hang sy haar toekoms aan ’n droë tak
van ‘n leë, doodse wilgerboom

geknak deur spot en lekkerkryhaat
en aalmoesbokse voor die skewe hekkie,
kniel haar siel gebroke neer
roep sy uit na ’n onbekende Heer
“as U daar is, reinig en gee verlossing
ook in my lankverlore hart”

Hy het geluister en haar geneem
na ’n werk en lewe in ’n ander aardse deel
waar sy meer as aalmoese aan armes kan skenk
en in sy Liefde met lofsing sy eer gedenk.

©adéle




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed