Jongste aktiwiteit:

Kalaharikind

ek heet Krotoa-Mansse
‘n San in murg en been
ek’s ‘n volbloed Kalaharikind

bedags as son hardgebak oor ons lag
waar ek jagveld toe gaan
met my pyl en boog
‘n bokkie bekruip
om kos op die tafel te sit
sy vel kan as klere dien
as leë volstruisdoppe
my waterdraer word
weet ek daar is ‘n hoër hand
die groot onderhouer
en beskermer van die heelal
voorsien elke dag

my rotstekeninge met boomgom, klei en roes
skilder ek teen kranse ‘n ryk geskiedenis
gee ek gestalte aan stories
wat vir eeue sal bestaan
en saans in die nagdonker
stampvoet ek die vuurdans
in die lig van die volmaan
om dankie te sê
vir elke seëning van bo
uit ‘n handvol sterreas
waar melkweg flonker
word dit ‘n gloeiende pad
wat my huis toe dra

hier waar die vlaktes dans
en skerpioene onder klippe skuil
tussen die duine
lê my klipsteenharde aarde
dis waar my hart
rus kan vind
waar woestyn dors van hitte
biltong droog na water smag
is ek tuis

ek heet Krotoa-Mansse
‘n San in murg en been
ek’s ‘n volbloed Kalaharikind

©Jessica Venter
7/3/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak