G E B R O K E H A R T
G E B R O K E H A R T
O, hoe fel brand jou seer, jou haat weer vanaand
jou eensaamheid en verwerping wat skree verraad,
die dolk steek diep en laat goud geel gal
drup soos nektar in die holte van my glas
ja, dié glas met dieprooi wingerdbloed
wat die hede verbloem
en die brein newel en met hartloos versoen
skink nog een sê seer vir jou gewete
jy is tog totaal en al vergete
selfrespek besef hy moet help, hy moet red
en gooi sy reddingstou deur die splinters van nou
maar bitter bloei
bitter seer
bitter wil nie meer
wingerd gee
wingerd smeer
vir die hart so seer
behoud besef dis nou of nooit
en druk vir bitter en smart in ‘n blik
voor hul kokon en aan hartseer verstik
die etiket op die blik lees: G E B R O K E H A R T
bewaringsinstruksies:
beskerm teen lig en vog
tot benodig word vir gebruik
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.