Boegoe om jou op te beur
Ek staan vanaand op jou stoep –
en sing vir jou soos ’n acapella koor,
jou konstitusie iewat goor,
sleep ek vir jou ’n stoel
nader en skink ’n skootjie
boegoe om jou op te toor
om jou helder lag te hoor –
sal sommer vir als vergoed,
sing ek van jou heimat
jou erfenis – jou bestaan,
annuleer ek jou kind wees
wat heenskeer op ou geluk –
kan dalk ’n ganske leeftyd vat,
onthou tog net – om die vrugte te pluk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.