dreuning
saggies ruis die see vanoggend
eindelose ritme wat strelend sus
weereens sit ek stil op my duin
wat is die lewe tog een vlietende oomblik
hoe min kan ek werklik doen om iets te verdien
geen goeie werk wat ek doen kan vergoed vir Hom
ruisende gedagtes vlieg deur my brein
skares mense, mal van barbaarse woede
sleur gedagtes mee tot op heuwel golgota
asof in de ja vu sien ek skares dreunend sing
in ons land – waar hul Hom opnuut na golgota lei
opnuut wil kruisig vir Sy waarheid en Sy Koningskap
dan ween ek saam met elke moeder
wat haar seun op wrede manier moet verloor
vir elke jongmens wie se lewe verkrag uitgewerp lê
dit maak my ongemaklik op my duin
want sulke dinge kla my mos ook aan
wat kan ek doen – glo in Sy bestaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.