1900
van heinde en verre
klink sweepslae op
verkenners hou dop
saans onder sterre
bittereinders vasbyt
naelbyt bloed-oorlog
geen kos by ‘n trog
geen vreugde-jolyt
tuis is daar nie meer
verskroeide opstalle
donker bloed walle
honger mae negeer
net veg en voortgaan
bloed skenk vir volk
sny skerp soos dolk
tyd vir voortbestaan
duisend nege-honderd
splinters bly daar oor
elkeen wil meer hoor
skreeu erg bedonderd
tyd is daar nie meer
sal hulle dit waardeer
maak hul nou hartseer
stry kan hul nie regeer
wie is ons leier sing koor
sou siener verkeerd wees
of het ons hom al verloor
is hy dalk nie van vlees
sal splinters saam kan voeg
watter lym sterk genoeg wees
om byeen te bring siel en vlees
aardse magte is heel onbevoeg
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Pragtige gedig.