Jongste aktiwiteit:

JOU NARE VYAND

JOU NARE VYAND

Jou nare vyand
jy vang my heeltemal omkant
breek die deur om my te roof
om my siel weer oop te kloof

ek het ‘n sterk geloof
wat nog steeds my HERE loof
goed gestrooi deur my huis geloop
van ware besittings gestroop

ek het die vyand weer vergewe
wat my hart en siel laat bewe
privaatheid van my huis gesteel
‘n dief my rot en kaal besteel

ek sal vir altyd staande bly
die vyand gaan my nie laat gly
U maak my siel weer vry
verstroosting by U gekry
my HERE maak my bly

©Eleen van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed