Lied van n verslawing
verslaaf aan die terug roep
het hy sy kloue om jou
jaag jou deur die jare
dan vang dit jou stilletjies op
met n gebed wil jy dit afskud
bly steeds onveranderd
steek vas in n sondelike daad
pla dit jou nie, al wou jy vra om raad
niks om jouself oor te ontverm
oortuigend klink dit!
n spook van onheilse bedwelm
druk jou vas teen jou binneste muur
laat jou wil al is dit net nog een laaste uur
klim teen jou op en wil jou nie laat gaan
skree n laaste keer!
miskien sal dit eendag bedaar
trek jou in n hoek vasgemaak
afgesonder…
het dit jou weer vasgevang
in sy duisterde planne
kinders hoor my storie
dit is hewig en ongetrou
sleep jou in!
n lied van n verslawing
verbind dan loop dit n pad langsaan jou
kry dit nie afgeskud
al sou jy wou!
N dwelmling jare lange siel
wat n bose middel nie kon laat gaan
hoe mooi jy mag wees
dit hou jou weg
geen stralende vryheid
Prys die Here!
mag hy ons eendag vergewe
Vader ons was ongetrou
n lied van n verslawing
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.