Verskoon my
Vergewe my
dat ek
onfilosofeer vannaand
al amber wysheid in my glas…
My denke is bloot so gekalibreer
dat my ondink
sinpraat keer.
Vergewe tog
dat ek
woorde van liefde onsê vannaand
al lê bewyse so ondiep…
my voel
is bloot te sinies
om weer
en nog `n keer
te glo dit is nie
ongoed nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek