Jongste aktiwiteit:

Op vlerk

Vroeg oggend wakker voor die son, ek wag vir hom
Wat is dit met die mens, die beheptheid met die lens
Elke oomblik word gestol, op geheue stok en film rol
En dan die nuwe dag gebreek, oranje vuur op horizon
Wat sien jy in ‘n kind wat lag, in sy oё vol lewenskrag
Kinders het geen vooroordeel, as hulle in die water speel

Wat kan ons nie als by kinders leer, dalk om meer te lag
Vergewe, vertrou, en soms geduldig net te wag
Om soos die see se golwe net te doen, te bly beweeg
Net te leef en mens te wees, en asem in te teug
Kan ons dalk nog net een keer, self weer lewe vind
In die hart en siel van ‘n onskuldige, engel kind

Soos water voёls die dag kom groet, in vlug op vlerk
Moet ons dalk ook net lewe, dapper wees en sterk
Dalk moet ons soms net verduur, en ook aanvaar
Mekaar net vashou en troos, en daar wees in gevaar
Ons het almal hier ‘n les te leer, en ‘n plig om te probeer
Leef elke dag vir die dag, werk hard om elke oomblik te waardeer.

©Vossie




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed