Spieëlbeeld (OPDRAG 6)
Roem verwerf uit ‘n meesterhand
deur kunstige skilderwerk
beeldend teen koepelrondings
van mites oor die ontstaan
van die eersgenoemde man
vir dekades staar geslagte stom
bewonderenswaardig na verspieëlde beeld
waar ‘n wyse Skepper sy maaksel
deur slegs enkel aanraking
bevonk tot aardse lewe
maar hier diep in my wese
kriewel dié wete en waarheid
dat die eerste van eerste lewe
verwek is deur lewensasem
ingeblaas deur die Almagtige.
©Driekie Grobler
9 Kommentare
-

Elroux
Pragtige gedig Driekie.
-

Callie Vermeulen
Pragtig verwoord en verbeeld Driekie.
-

Barbara
Laaste strofe laat my hart warm klop Driekie, pragtig geskryf xx
-

Loretta Szikra
Hierdie is n pragtige gedig Driekie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie