Jongste aktiwiteit:

My Môrester, My Meesterstuk (OPDRAG 6)

sy was my onvergangklike nimf
haar skoonheid tydloos en broos –
soms met jaloesie en afguns bejeën –
verdof deur eeue se aangeplakte beskerming
maar herstel in kleurryke glorie
om bloot te lê haar pêrelprag
soos my hart en hand haar geskep het

haar ontwaking is verwelkom vanuit ‘n skulp
deur die westewind gelaat op die oewers van Citharea
met passie en liefde is sy beklee in sy en satyn

gebore vanuit die digter se pen
en verbeeld deur die skilder se kwas
het jy, my môrester, my meesterstuk geword

jou skoonheid en naaktheid het my oorweldig
my skepping het my bedwelmd (en jaloers) gelaat
sodat ek jou – suinig om te moes deel – verberg het teen my kamermuur

sou ek dan my laaste rusplek betree
my kwas en palet in skadu gehul
lê my te ruste by my geliefde nimf
aan die voete van die skone Simonetta

©callie 2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed