911 Reddingsengele
hulle soek eindeloos
na enige reuk
enige spoor
van lewe of dood
hul is opgelei
om nie moed op te gee
twee torings
deur vliegtuie getref
verwoestende vuur
duisende mense platgevee
toe torings inmekaar tuimel
as gevolge van terreur
duisende hulp stroom in
mens en sy beste vriend
word ingespan vir reddingspogings
soektogte deur puin
en asreën
snuffelende snoete
soek hul vir ure
vir dae
deur rookwolke en roet
nes soldate tog ook vriende
opsoek na tekens van lewe
pote rou gebrand
waar hul help grou
as hul iemand vind
oor gebreekte glas geloop
hul kussings oopgekloof
soos hul oor puin klouter
in klein spasies inwriemel
en in donker gate kruip
deur hope beton soek
na enige leidraad
in die hoop om iemand te vind
om hulp te bied
dae word weke
soektogte verminder
slegs liggame om te vind
selfs hulle voel depressief
net ‘n paar bly oor
ander gaan moeg, gebroke huis toe
van weke
wat niks oplewer
soveel verwoesting
soveel dood
reddingshonde was ankers
wat meeste bymekaar kon hou
na ure van swoeg
self moeg en flou
het hul nogtangs kom troos
gegroet met ‘n erewag
van brandweerdepartemente
liggame toegedraai in hul landsvlag
om eer te bring
stories van moed
legendes om nooit te vergeet
ware reddingsengele
Van 911
©Jessica Venter
14/07/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.