Blootgestel
Blootgestel
Ek wou vir jou ‘n brief skryf
met die kontoere van my lyf
en vir jou met ‘n lied besing
en liefdesvure deur die wind aandryf
soos ‘n bedwelmde moes ek my gedagtes dwing
om orde in my gemoed te bring
ek het die gety gevaarlik en hoog gery
die smaak van liefde was ‘n lekker ding
maar onmin het met bemin gestry
die vloei van eb te gou verby
liefde los ‘n bitter smaak
en net verpletterde spore te verkry
geskeurde briewe sny diep en raak
aan ‘n siel blootgestel en naak
©PcV
(Rubaiyat Sonnett)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek