Jongste aktiwiteit:

Bucketlist van ‘n Cap’ie

Ok gehoor van ‘n bucketlis’
Gevra wat dit ook al is
Blykbaar ‘n wenslys, wa’ jy optrek
Wat djy wil doen voor jy eendag vrek

Wat sal dan op my wenslys wies,
My salaris is min, kan nie kies
…ek’s net ‘n druiweplukker in’ie Kaap
Wat sal dit wies voor Hy my kom wegraap.

Miskien gaan na ‘n musiekfees,
Of oorsee… na Mauritius,
Of as ek my eie kar kan drive…
Of op Oprah se show wies, live!

Of ons kan gaan ry in ‘n aeroplane of skip
My dik vrou sal dalk nie die seats kan fit
Miskien kan een van’ie ses kinners ons vat
Om innie die dooie see te gaan bad

Miskien eendag… ‘n hot air balloon
Of soos innie movies… chase ‘n typhoon
Of bungee van ‘n brug
Soos Johannes se jongste nig

Dalk visvang met sardiens aan die lyne
Met ‘n eie visstok… myne!
Miskien ‘n haai vang innie baai
Wat sal op my wenslys wies, sal djy kan raai?

Ons leef… wyn en 10kg meel elke maand
Sien, ons kan eet elke aand
Marog en pap van mieliemeel
en hoen’er-eiers… te veel.

As ek die lotto kan wen is dit reg
Ek los hulle almal net so en ek is weg.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed