Jongste aktiwiteit:

INK

INK

Ek tuimel-val onbevange dwarsdeur die rou hartstog van jou vingers.
Ek speel hoogtou-akrobaat op die ongetemde akkoord van jou hartsbewegingslyn.
My gees smeul tussen die 1000 verskietende sterre van liefhê.
…. Nog vasgevang binne-in die wild-branderbreek van God se vrugwater.
En my lyf bly gekruisig aan die mistieka van ons Slowdance…
…. as een.
Terwyl my ink die grafskrif skryf van ons vermoorde Sprokie; toe…..
Toe.
Ek.
Nog.
Joune.
Was.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag die tower penveer van ‘n rêrige engel binne-in jou hart optel.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed