Oorkant Jou
Oogkontak is onvermydelik.
Onder die amandellyn
lê die lyne van tyd.
Stukke hare het losgewikkel
uit die Franse haarstyl
streel vry-vry teen jou halslyn.
‘n Glimlag terg om jou mond
as ons groet:
Jonk se onsekerheid – uitgewoed.
Jy is anders, tog eenders.
Ek weet ek ken jou –
Die ek oorkant jou.
© CJ Laing 16/12/2018
© Skets CJ Laing 16/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.