Jongste aktiwiteit:

Offer

Ek wil vir jou ‘n stukkie bos kom gee,
soos ‘n offer lê ek dit aan jou voete neer;
ek wil jou siel was
met die silwer saad van die somergras;
jou neem tot waar die Magaliesbergreeks
in groen klowe breek
en tarentale in die kolk
van goue branders nes kom skop;
‘k wil jou wys waar die wildsbok lam
en die reën teen die hemel dam;
‘k wil vir jou die son gaan vang
en in my twee hande vir jou bring,
sodat jy die gloed
van my liefde kan voel.

© CJ Laing 28/12/2018




2 Kommentare

  • Woordsmous

    Van die eerste reël af vang jy die leser vas, skryf jy net vir hom. Kyk jy in sy siel en sien sy drome, Weet jy waarna sy siel hunker, die belofte om dit skoon te was, skoon van die vuil seer van die verlede, sodat hy die mooi waarheen jy hom neem en vir hom gaan wys met nuwe oë kan sien. Die offer wat jy bring om jou liefde te wys is so sag, so mooi....

  • See-Jay-El

    Dankie Woordsmous. Jou terugvoer is kosbaar, want jy sien.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed