skoon
vandag is die water skoon
die hengelaars probeer nie eers nie
my ou vriend van agterbaai gooi sy net
maar sleep dit leeg uit die kalm golwe uit
gewoonlik is sy net gedek met hotnotsvis
bietjie verder van die strand is daar voëls
miljoen van hulle wat op die water sit
hulle duik en vreet aanmekaar
soos bewegende kombers
rollend oor golwe
en gillend van
plesier
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.