vuurkoue woorde (‘n interteks van Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek
vuurvlam koud
sonlag skril
bereik ek ‘n koors
sy woorde is ‘n bitter pil
soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
soek ek na die groot river
om daaragter te skuil
uit elke waterstroom
hoor ek sy beloftes huil
tot in my glashart
gal sy swart swaar
sy ketting blou grou
maak my klaar
tot in my vensterwese
het hy my gebreek
sy traak-my-nieagtig
het my in flenters gesteek
orals waar ek gaan
sien ek sy gloed gil
vuurvlam koud
sonlag skril
Kopiereg: Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.