MY LEGKAART
MY LEGKAART
My lewe is ‘n legkaart
op my eie lewenvaart
elke stukkie is saamgesit
ek het hard vir alles gebid
stukkies op die tafel neergesit
my legkaart as ek voor hom sit
my droomplan wat verby my glip
in die mooiste storie vir my toe gezip
as ek die storie eendag gaan oopmaak
gaan my Cenderella se prentjie ontwaak
in my lewensprentjie wat saakmaak
sien ek my sprokies legkaart raak
© Eleen van Deventer Vorster
25/02/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.