Jongste aktiwiteit:

My Onvolmaakte Liefde

Ek weet volmaakte liefde
kom slegs uit die Goddelike hart,
maar as dit vir die mens beskore was
sou dit my liefde vir jou kon beskryf.
Maar nou helaas is ek ook
net ‘n mensekind,
gebroke in my eenvoud,
so ek bied jou my gelapte hart
en alles daarmee saam
om as jou drastoel deur
die ongelyke strate
van die lewe te kan dien
sodat die mense jou altyd
as my hart se koningin sal sien.

En as die Vader vir my sê
dat ek tog eenkeer maar
‘n wens kon wens,
dan sou dit wees dat ek
die tyd terug kon draai
sodat ek jou veel
vroeër kon ontmoet
en so die kans sou kry
om jou vir soveel langer
lief te hê!

© Anton Bosch 16/11/2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak