Jongste aktiwiteit:

aandgesang van ‘n heel dag

die vredige stilte van die aandskemer
waarin ek tot rus kom
omvou my soos koesterende
moederarms
dit vervloei in harmonie
met die dankbaarheid
wat vergenoeg heers in my siel

oor ‘n dag
wat my vooruit gehuppel het

wat waar dit nodig was
vir my gewag het om in te haal
sonder om sy Godsbepaalde tempo
te versteur

waar my God
my die brullende kake van onheil
wat immer kwylend prooi soek
laat systap het
en ek in diepe verwondering kan getuig:

dit was
‘n mooi dag
‘n geseende dag
‘n heel dag

Kopiereg Elmarie Nienaber van Kampen 25 Februarie 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak