Jongste aktiwiteit:

Kom Dans Met My

Toe ek jou vra ‘Kom dans met my’
het jy eers skalks geglimlag,
het jy toe geweet wat sou gebeur?
Toe die musiek begin
het jy gewigloos in my arms
oor die vloer gegly
die eerste dans, dit was ‘n wals,
jou oë blink, jou glimlag vrolik
het ons oor die vloer gesweef…
‘n aar wat klop, ‘n blos sprei oor jou hals
en toe die laaste note wegsterf
het ‘n nuwe dans begin
die dans van ek en jy
en ons twee saam
ons lewe voortaan
in dieselfde raam
ons harte wat die ritme aangee
waarop ons nou saam marsjeer
tot die een hart eendag ophou
en die ander een gaan stilstaan
en op een plek
net die pas makeer…

© Anton Bosch 24/02/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed