Jongste aktiwiteit:

Hillbrow Blues

Om die hoeke van Hillbrow huil die wind
‘n lee wiegie , ‘n weggooi kind
‘n doolhof van duiwels
in walms en rook
verslaaf aan die ridders
wat nag lank bly spook

Jou liggaam verpand
en jou arms bly leeg
net ‘n koorsige nag
in ‘n vuil Hillbrow steeg

Jou lewe verwoes
vir ‘n penning of twee
verdrink jy jouself in ‘n diep donker see.
Witwasem, spookasem,
poeier en gras,
leeg is die wiegie; weg is jou las




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed