Jongste aktiwiteit:

GRAFFITI TEEN KOUE MURE

GRAFFITI TEEN KOUE MURE

Dis ‘n winterverflenterde fraaiing-nag.
Die donker drup woordeloos teen die koue mure af; en vat ‘n groot sluk van die maan se sluwe liefdespaljas.
Die wind pleeg plagiaat met die nag se wilde monoloog en waai jou buitelyne rou teen my vas. Ek sit onder ‘n kombers wat nie ons s’n is nie.
En ek blaai deur die hartsgraffiti van ‘n ander dag se ongetemde onthou.
Probeer aspris jou naam; jou lyf raaklees tussen die inkwoorde van my lewe.
Sommer net.
Sommer net; want per dalks per ongeluk maak dit jou wees rêrig; vanaand.
Die onthou voel vreemd onder my vingers – seker maar omdat en oordat hulle na jou gesig,
die kontoere van jou lyf verlang.
Maar.
Maar jou wees raak wegverloor binne-in die rou labrinte van ‘n altyd-verby.
….. Vaya Con Dios, my lief.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie, en mag jou wees vandag Slowdance op die soom van ‘n droom.
©Liza Daniells




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak