Skakerings van onthou
Ek gee vir jou ‘n skulp
sodat jy altyd die see kan hoor
en wanneer jy mooi luister
sal die seemeeue se gekras
saam die branders breek
Waar jy kan wegraak
met beelde op die strand
waar jy jouself kan verloor
en droom van wit seesand
Koester die herinneringe
moet dit nooit laat opdroog
luister na die gisters in vandag
in die skakerings van onthou
3 Kommentare
-

Kiekies
Daai laaste vers is great!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek