slimheid
om my duin loop daar ‘n pad
wysheid het ontwerp en gebou
slim-wees het daarop verdwaal
blymoedig sit ek daar en droom
bekyk die lewe so in eenvoud
steun met elke nuwe kwaal
ouderdom is soos slimheid
wat verdwaal uit onkunde
net wysheid kan dit red
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.