straat digter
die see se gedreun
laat my snags kreun
selfs my brak stem saam
en gee kort stote en beaam
woorde wat niks beteken
maar gevoel oordra
glad nie poëties geskets
ook soms verdwaalde sinsbou
dra telkens gevoel oor van digter
wat op my duin se strate leef
byna uitgesterf die spesie
uitgemergel deur regels
opgestel deur iemand
se sekretaresse
wat soms ook
tik
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.